Teater, politiek en die wynblom

Mercy Kannemeyer praat met Philip Rademeyer

Deur: Mercy Kannemeyer

Philip Rademeyer, skrywer en regisseur, doen vir die afgelope sewe jaar professionele teater. Hy het op sy universiteitsdae laas toneelgespeel, maar reken dis goed vir ’n skrywer en regisseur om te ervaar hoe dit is om op die verhoog te wees.

Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran het my verstom met meesterlike en delikate toneelspel deur Dawid Minnaar en beeldskone verhooginkleding. Ek was veral geïnteresseerd in hoeveel blomme daar op die verhoog was, so ek het besluit om met Rademeyer te gaan gesels om ’n paar antwoorde uit te snuffel.

Mercy: Hoekom teater? Hoekom hierdie medium?

Philip: Daar is ietsie… ek was in my tweede jaar op varsity. Toe het ek eers neuroscience geswot, toe sielkunde en toe het ek ’n show gesien in Kaapstad. Ek het net besef dit is wat ek wil doen. Die show het gegaan oor ’n gay outjie wat uitkom en worstel met sy seksualiteit. Op ’n persoonlike vlak het dit my ook baie geraak. Ek het besef daar is plek vir die tipe stories wat ek kan vertel. Daar is iets aan die immediacy van teater wat my aantrek. Jy kan ’n fliek gaan kyk of series kyk by die huis, maar jou aandag kan elders wees. Met teater is dit lewende mense voor jou wat asemhaal. En dan, die vreemde ding, jy sien ’n akteur, iemand wat jy dalk glad nie ken nie of wat ’n goeie pel is van jou, jy weet wie hulle is in die regte lewe en hier speel hulle iemand heeltemal anders. Teater is absoluut fassinerend.

Mercy: Jy het nou gepraat van die immediacy, die onmiddellikheid van teater. As ek dink aan immediacy dink ek aan goed wat nou relevant is in ons land. Hoe belangrik dink jy is dit dat teater ook weerspieël wat nou aangaan?

Philip: Ek dink dis ongelooflik belangrik. Daar is plek vir klassieke tekste en vir werk wat net ’n mooi storie is wat ’n emosionele impak op mense kan hê, maar ek glo regtig teater is ’n manier om kwessies aan te pak. My werk aan die begin van my loopbaan was alles politiekgedrewe werk gewees. Ek het baie gefokus op issues van seksualiteit en so. Rust Co., die company wat ek begin het saam met my vriendin Penny Youngleson, se fokus was om met social issues te deal. Ons het ’n stuk gedoen wat jare, oukei nie jare nie, twee jaar gelede, by KKNK was, Siembamba. Dit het gegaan oor die verhouding tussen ’n wit kind en die swart vrou wat haar bediende was en haar basies grootgemaak het. So ek dink teater moet weerspieël wat in die samelewing aangaan omdat dit so onmiddellik is.

Ek hou nie noodwendig van teater wat te in-your-face-polities is nie. Ek sê nie dit kan nie goed wees nie, dis net vir my persoonlike estetika… Werk waarvan ek hou, is goed wat persoonlik is en jou steeds aanraak, maar nogtans met issues deal.

Mercy: Jy het nou bietjie gepraat oor politiek en dan kry ’n mens daai mense wat sê “everything is political”…

Philip: Ja, alles is political. Dit kom seker maar van my studies af, daai siening. Jy is blind as jy dink jy is net ’n mens in die wêreld en jy bestaan nie in ’n konteks nie. Ons almal is in ’n konteks, in ons land ook. You can’t ever escape it. Jy hoef nie altyd consciously daarmee te deal in teater nie, maar politiek is nie iets wat net in die parlement gebeur nie. Dit gebeur op die strate. Dit beïnvloed mense se denke en lywe ook.

Mercy: Hoekom Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran?

Philip: Ek het die kans aangegryp om saam met Dawid Minnaar te werk. Toe ek die teks lees, toe besef ek ook dit is ’n baie persoonlike storie. ’n Solostuk is ’n mos maar ’n baie lang monoloog en dit is iets wat ek in my loopbaan tot nou toe gedoen het en kan doen. Dit is ook ’n fyn, sagte, delikate storie en ek het gedink dit is ook iets wat ek kan doen. My regiestyl is nie in your face of uitspattig nie, of klomp goed wat op die verhoog gebeur nie. Maar I like to connect. Ek hou daarvan om die menslikheid van karakters uit te bring en ek het gedink hierdie is die tipe stuk waarmee ek dit kan doen. Jy het dit nou self gesien, dit gaan oor hierdie Soefi-Moslemman en die Joodse seuntjie wat hegte vriende begin word. Dis nie in your face nie, maar dit gaan nog steeds oor difference en otherness.

Die terugvoer is dat mense sien dis delikaat. En dit gaan oor die outjie wat grootword. Hulle gaan op allerhande reise. Ja, dis ’n grootwordstorie. Mense kan daarby aanklank vind.

Mercy: Wat wil jy hê moet mense bybly van Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran?

Philip: Ek wil hê mense moet wegloop met ’n waardering vir Dawid Minnaar se ongelooflike craft. Hy speel meer as tien karakters op die verhoog en op die fynste manier kan hy verander van die een karakter na die ander. Dis ongelooflik. Ek dink ook die menslikheid van die storie. Ek dink mense is dalk versigtig as hulle die titel hoor: Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran, dis nou nie iets wat van die tong afrol nie, dit klink nie Afrikaans of Afrikanerig nie. Uiteindelik is dit ’n grootwordstorie, ’n menslike storie oor familie en vriendskap.

Mercy: En nou vir my laaste vraag: Hoeveel blomme was daar op die verhoog?

Philip: Seker so 300. Ameera Conrad, ons verhoogbestuurder, het die meeste van hulle gemaak. Toe ons hier aankom, het ons besef ons het nie genoeg blomme vir die verhoog nie, toe het ons ’n blomvou-partytjie gehad hier op Oudtshoorn. Dit gaan nou Suidoosterfees toe en dit is die groot verhoog in die Kunstekaap, so ons gaan die blomme minstens moet verdubbel. Jy kan die blommetjie vou en jou kop kan ander goed dink. Dit hou jou hande besig. Oor ’n glasie wyn kan jy ’n blom maak, hy moet net agter op die verhoog wees. Die wynblom!

Lees meer: http://kknk.co.za/monsieur-ibrahim-en-die-blomme-van-die-koran/