Deprecated: __autoload() is deprecated, use spl_autoload_register() instead in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/compat.php on line 502 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2715 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2719 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/output.class.php on line 3615 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/framework/functions-wordpress.class.php on line 258 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/pomo/translations.php on line 208 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/load.php on line 649 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Notice: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/theme.php on line 2241 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 ’n Eerlike, heerlike babbelagtigheid - Kritiek Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365

’n Eerlike, heerlike babbelagtigheid

Babbelagtig word beskryf as ’n spontane, hedendaagse teaterspektakel soos jy nog nooit vantevore beleef het nie. Dit is gesinsvermaak in die oortreffende trap en sal ouer- en kinderharte bly maak. Diane de Beer gesels met die regisseur Jenine Collocott en die akteur De Klerk Oelofse, wat die hele spul bymekaargebring het in ’n prettige narrespel wat op loop gaan met jou verbeelding.

Narrespel mag na groot pret klink – en dit is so vir die gehore – maar vir die narre self is dit harde werk en kopkrap om by die volmaakte spel uit te kom wat uiteindelik op die verhoog gestalte kry.

Só gesels die regisseur Jenine Collocot, wie se kos dié sirkusspel is. “Dit is die ongemaskerde weergawe van die ware jy,” vertel sy, en sy weet. Sy het ’n paar jaar in Italië by die meesterpedagoog Giobvanni Fusetti gaan kers opsteek, maar Babbelagtig is die grootste produksie wat sy nóg in die genre aangepak het.

Sy toer al jare, hier en in die buiteland, met stukke soos The Snow Goose, The Old Man and the Sea, Sunday Morning en Dirt met groot sukses. Sy het onlangs die geselskap Contagious gestig saam met medekunstenaars James Cairns en Taryn Bennett om hul speelse teater te bevorder.

Iets wat jy van narre moet weet, is dat hulle nie die gehoor kan fnuik nie. Dit is ’n baie eerlike manier van speel en die akteurs werk hard om hul eiesoortige nar op te spoor en raak te vat. Dis eers wanneer jy dit regkry dat die stuk begin vorm aanneem, verduidelik Collocott oor die werksmetode vir Babbelagtig.

As die eienskap eers vasgepen is, dan kom die keuse van ’n naam. “As dit regtig werk, moet ons almal lag,” sê Collocott, anders hou hulle aan soek. “Elke nar bring sy eie naam, maar iemand anders kan ook iets voorstel,” verduidelik sy. Dit beteken ook dat die naam verweef is met wie die spesifieke nar is of wat hy/sy byvoorbeeld voorstel.

Daar is ook ’n hiërargie onder die narre en as alles bymekaarkom – name, persoonlikhede en die fyner besonderhede – kan die spel begin.

Dié narrespul het alles begin by die akteur De Klerk Oelofse. “As ek terugdink aan van die projekte wat ek al aangepak het, spesifiek iets soos Na-aap saam met die regisseur Jaco Bouwer in 2013, het my werk daai tyd al elemente van clowning ondersoek. Van ons verwysings was ouens soos Charlie Chaplin en Buster Keaton, wat eintlik maar fliekster-narre was. Ek dink ook baie van die kinderteaterproduksies wat ek aangepak het, het my vermoë verskerp om na ’n gehoor te luister. Jy kan nie voor ’n kindergehoor wegkom met net toneelspel nie, dit kan slegs slaag met die eerlikheid wat binne elke situasie op die verhoog weergegee word.”

Toe sien hy Slava’s Snow Show in 2016. “Dat die spelers ’n mens se aandag vir byna twee ure kon kaap, sonder om ’n enkele herkenbare woord te sê, het my gefassineer.” Hy was ook beïndruk dat dit so uiteenlopende gehoor kon lok.

Net hierna het hy saam met twee ander “narre”, Jemma Kahn en Roberto Pombo, begin werk toe hy vir Pombo vervang het in die Afrikaanse weergawe van Kahn se We Didn’t Come to Hell for the Croissants. Die koeël was by wyse van spreke deur die kerk. “Bouwer het hoeka destyds met Na-aap vir my gesê: ‘As kunstenaar moet ons konstant goed aanpak wat ons bang maak, want dit is die beste manier om te groei.’ Babbelagtig het my binne drie dae so bang gehad, dat ek begin kyk het hoe om myself te vervang en dit dalk eerder maar net te vervaardig.

“Op ’n emosionele vlak word jy uitgedaag om nie toneel te speel of voor te gee nie. Narre is altyd eerlik. Dit is wat hulle snaaks maak. Die proses, deur middel van sekere ‘speletjies’ of oefeninge, jaag daai eerlikheid na. Dit forseer jou om ontslae te raak van enige aangeleerde gedrag om uiteindelik by die ware Jakob uit te kom, dít wat die ware jy snaaks maak sonder dat jy daarvan geweet het. Dit was vir my interessant hoe baie van die goed wat mense van hulself verpes juis die ding is wat hulle snaaks maak vir ander,” vertel Oelofse.

Saam met Oelofse, Kahn en Pombo is Klara van Wyk, Dean Balie, Thami Baba en David Viviers die ander nuutgebore narre. Om ’n produksie te skep waar vyf van die sewe akteurs nog nooit werklik “nar” gespeel het nie, vat aan ’n mens se lyf. Nie net moes Collocott haar span voorstel aan die kunsvorm nie, sy moes hulle deur ’n taai proses lei om uiteindelik by die narrespel uit te kom. “Die deernis waarmee Jenine met elke liewe nar omgegaan en gepraat het, soos ruimtelike wesens wat goed vir die eerste maal ontdek en ervaar, is iets wat my vir die res van my lewe sal bybly,” sê Oelofse.

Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365