Deprecated: __autoload() is deprecated, use spl_autoload_register() instead in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/compat.php on line 502 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2715 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2719 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/output.class.php on line 3615 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/framework/functions-wordpress.class.php on line 258 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/pomo/translations.php on line 208 Pietertjie-darling wil nou amok maak - Kritiek

Pietertjie-darling wil nou amok maak

Dis weer tyd om konsert te hou en Pieter-Dirk Uys is terug by die KKNK met Weifel oor jou twyfel! (When in Doubt Say Darling). Dié keer speel hy doelgerig: Teater is nie meer ’n prioriteit nie en hy wil gat skop! Dis tyd vir amok maak. Hy gesels met Diane de Beer oor sy aanslag.

Oudword pas sommige mense beter as ander en vir Pieter-Dirk Uys is dié grootword ’n manier van terugkyk, terwyl hy die toekoms dophou. Hy takel stories oor ons verlede, hede en wat om in die toekoms te verwag.

Hy vertel dat sy huidige ouderdom, 72, ’n baie spesifieke plek is. “Jou sell-by-datum is in sig. Die oudisie is verby. Die behoefte om te behaag is iets van die verlede. Jy hoef niks meer te bewys nie, jy kan net verbeter. Om uit ’n vorige show aan te haal (The Echo of a Noise): Maak werk van jou nalatenskap; flush before you go!”

Dis presies waarvan hy werk maak in Weife, wat ná die KKNK ook ’n draai in Johannesburg maak.

Die verhoog is volgepak met bokse, kratte en swart sakke. Dis tyd om weg te pak. “Ná 40 jaar het ek ’n versameling rekwisiete, kostuums, pruike, vals oogwimpers, hoede en (Piet) Koornhof-maskers tussen al die ou Nat-embleme. Die show gaan oor uitsorteer, wegpak en weer nuut skep.

“Uit die boks verskyn ’n ou kruk. Dit het ’n plek in die geskiedenis en dan verander dit in die ster van ’n nuwe skets, karakter of kwessie. Stories van die d-woord (darling) is deel van die vertelling. En dat ek in Darling woon: Die kinders, die gemeenskap, hoop, humor, en die werklikheid dat as ons nie ons gemeenskappe koester nie, sal dit die land laat verbrokkel.

“Daar word te veel klem op die regering as ’n bonatuurlike redder geplaas. Nee, die regering is die onvermydelike toiletpapier wat ons help skoonmaak en vorentoe laat beweeg.”

Soos gewoonlik het die stuk begin asemhaal met die onstaan van die titel. Dit was in 1986 toe Pieter-Dirk manalleen by Kruik, die ou Kaapse kunsteraad,  se skakelafdeling kans gesien het om Taubie Kushlick aan te durf. Sy sou by hom ’n draai maak as die regisseur van The Lion in Winter.

“ ‘Pietertjie-darling’, het sy my genoem, en ek was at her bek se call! Instinktief het ek geweet hoe om aan haar behoeftes te voldoen en miskien was dit die begin van die res van my lewe as ’n solokunstenaar – a one-man band. PR is belangrik. Diplomasie is die basis van onderhandeling. Toe ek haar soengroet, sê ek: ‘Mev. Kushlick, jy noem almal darling.’ ‘Yes, darling?’ vra sy. Ek sȇ toe: ‘Jy moet jou outobiografie When in Doubt Say Darling noem.’ Sy het my verward aangekyk. Dit nie verstaan nie. Dit nie gebruik nie. Nou maak ek so!”

Hy besef dat daar ’n breër horison agter hom lê en dis hoekom hy sy teikens afstof en herrangskik, wat swak politiek tog so maklik herskep en as demokratiese oplossings opdis. Hy wil gehore herinner. In sy nuutste skepping is daar ’n Piet Koornhof-skets, wat hy laas in 1984 gedoen het, met die minister (toe in die destydse NP-kabinet as minister van immigrasie, sport en ontspanning) met die klem op onwettige swart mense. Dan herskep hy Koornhof met dieselfde herkenbare stem as ’n amptenaar by die Heathrow-lughawe wat vlugtelinge en immigrante die deur wys – baie soos in die ou apartheiddae.

“Ja, dit is ’n English Brexit. Ek beweeg weg van brose politieke nabetragting. Dis nou die tyd vir die jonger garde om hul toekoms te bepaal. Ek leef reeds in my toekoms!”

Soos hy nadink oor sy toekoms, glimlag hy oor sy goeie gesondheid. “As jy dit nog kan doen, gaan voort. En tot nou toe, touch wood en stroke kittie, het ek nog die dissipline en die energie om op toer te gaan met die rekwisiete van drie stukke, elk 70 minute lank, in die kattebak van my kar. Ek is gesteld op my onafhanklikheid. Ek het geen werknemers nie. Ek is my eie verhoogbestuurder, skrywer, regisseur, kunstenaar (hy of sy), bestuurder, doen self my publisiteit en is soms my eie grootste vyand.

“Al wat jy moet doen, is om duidelik te praat – en moenie oor die meubels val nie!”

Die  gehore kraai koning in sy vertonings. Hy wil nie hul lewens omkeer en uitmekaar skud nie. Hy wil hê hulle moet die lewe anders bekyk en ook anders in hulself glo.

Jy moet lag vir jou vrese, dit konfronteer, ’n naam gee, dit verstaan, en kennis dra van die gevaar daarvan, maar dit nooit toelaat om te seëvier nie, verduidelik  hy. “Daar’s nie nou tyd vir knock-knock-grappies nie. Die werklikheid van die absurditeite, obseniteite van die daaglikse lewe is genoeg padkos om 70 minute stampvol te pak. En dan verlaat iemand my teater en besef dat hulle gelag het vir iets waaroor hulle nie durf dink nie.”

Hy besef dat ons weer eens dit net-net vermy het om oor die krans te stort net soos die “Ramaphosa-wind verbywaai en die speelveld weer gelykvee. Ons moet ophou om blindelings te glo dat dinge sal verbeter. Dit sal nie. Wat jy voor jou sien, is hoe dit is. Maak net seker dat dinge nie erger word nie.” Dis hoe hy redeneer.

“Moed, eerlikheid, deernis, gesonde woede, inligting, respek en miskien ’n talent om te vermaak.” Dít glo hy is die sleutels tot sy sukses.

Maar nie net sommer enige stukkie ou talent nie. Dit is iets wat hy al dekades lank blink poets – en nou skitter dit verblindend helder.

* Vertonings: 29 en 30 Maart om 18:00 in die Burgersentrum.