Deprecated: __autoload() is deprecated, use spl_autoload_register() instead in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/compat.php on line 502 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2715 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2719 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/output.class.php on line 3615 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/framework/functions-wordpress.class.php on line 258 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/pomo/translations.php on line 208 Besselsen trap nie suutjies nie, sus nie - Kritiek

Besselsen trap nie suutjies nie, sus nie

Deur Marguerite Robinson

Produksie: Besselsen

Met Gertjie Besselsen, JC Visser en Jacques du Plessis

Hennie Aucamp. I.D. du Plessis. (Gertjie) Besselsen. Mr Cat & The Jackal. Dít is die vier hoekstene van Besselsen.

Du Plessis, deel van die Dertigers, het in verskeie genres geskryf, maar staan hier in gedaante as digter. Aucamp, sekerlik een van dié grootste kortverhaalskrywers in die Afrikaanse letterkunde, was ook ’n versman en ’n kabaretskrywer – die man wat die eerste ware Afrikaanse kabaretteks geskryf het, Met permissie gesê

Besselsen is die musiekman, by uitstek so – gemeet aan sy omvangryke talent, wat hier ook as toonsetter van gedigte sy slag wys. En uiteraard ook ’n woordman wat in sy oorspronklike lirieke sy sê sê. Wat die drié oor ’n tydperk van ’n eeu saamsnoer, is die element van storievertelling.

Op die verhoog in Besselsen word Besselsen bygestaan deur van sy medelede van Mr Cat & The Jackal: JC Visser (baskitaar) en Jacques du Plessis (hoofsaaklik tromme). MCATJ het reeds drie Engelse CD’s uitgereik, met net hier en daar waar ’n Afrikaanse liedjie inglip.

Besselsen brei die Afrikaanse voetspoor uit. Iemand wat in ’n skelrooi pak voor die mikrofoon gaan staan, is by aanskoue die fokuspunt. Hy slaan die kitaar, letterlik en figuurlik, en voer die woord.

Oorhoofs is Besselsen nie kabaret nie – bloot omdat dit nie streng formeel gestruktureer is nie. Maar die elemente is daar: dit lewer kommentaar, dit hel oor na die gevaarlike terrein waar daar nie ag geslaan word op suutjies trap nie, dit word nie ingeperk deur die immer politieke korrektheid waarin jy jou woorde moet tel nie (soos byvoorbeeld Aucamp se verwerkte Mamma ek wil ’n man hê).

Verskeie karakters tree uit verskeie monde na vore: vanuit die Maleier-gemeenskap  tot by die rassistiese oupa op die plaas; van die oujongkêrels tot die vroetelpappie; van die kind in die jong nuwe Suid-Afrika tot die vroue van die nag.

Die musiek kom uit talle uithoeke van die aarde in ’n magdom style. Om dit dwarsdeur te neem van ’n wals, tango, boeremusiek tot by rock, metal – om ’n paar uit te sonder – word ’n klanklandskap geskep wat wêrelde optower. Soms skreeu dit ten hemele, dit brul en dan weeklaag dit, dit roep jou.

Kenmerkend van van MCATJ se musiek is hoe daar in een liedjie eensklaps van een styl na ’n ander oorgeskakel word. Altyd verrassend, maar nooit geforseerd nie. Nes jy dink jy word gesus, word jy skielik omgefoeter, gebombardeer. Diegene wat nie MCATJ se musiek ken nie, het nou die heerlike vooruitsig om dit te ontdek en af te laai (of dan nou die CD’s te koop).

Helaas voer die musiek dikwels die botoon ten koste van die hoorbaarheid van die lirieke, wat ’n groot jammerte is. Waar lê die probleem – in Die Parlement wat nie juis ’n simpatieke venue is nie, in klankvermenging, in diksie? Waarskynlik ’n kombinasie. (En miskien is dit ook ’n wekroep vir die uwe om die gehoor te gaan toets …)

Maar dít wat jy nie hoor nie, voel jy aan. Besselsen praat met jou en met die breër samelewing. Ons mag nie doof word nie, ons mag nie ophou luister nie. En wanneer Besselsen ten einde laaste Ons blinde toekoms (uit eie pen) sing, deel jy sy versugting: Ons kan doen met minder haat.

* Vertonings: 30 Maart om 14:00 en 31 Maart om 17:00 in Die Parlement.