Deprecated: __autoload() is deprecated, use spl_autoload_register() instead in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/compat.php on line 502 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2715 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2719 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/output.class.php on line 3615 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/framework/functions-wordpress.class.php on line 258 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/pomo/translations.php on line 208 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/load.php on line 649 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Notice: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/theme.php on line 2241 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 So baie word gesê in ’n kort tydjie - Kritiek Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365

So baie word gesê in ’n kort tydjie

Deur Diane de Beer

Uitkampteater: Verskeie produksies

Dit is die derde jaar dat Uitkampteater, ’n program van kortteater (tussen 15 en 20 minute elk) vir ’n kaartjieprys van ’n skamele R20 per opvoering, aangebied word.

Kwaliteit, liewer as kwantiteit, is die wagwoord en die kort stukke bied lekker vermaak vir ’n verskeidenheid feesgangers. Dit herinner aan die outydse lucky packet. ’n Mens steek jou hand in die sak, kies een en siedaar, jy het ’n show.

Deel van die pret is om te kyk of daar temas kop uitsteek, of die jong klomp wat dit aanbied met ’n gesamentlike stem praat en of daar nuwe talent na vore tree.

Jong stemme staan sterk vanjaar met baie intieme stories. “Ons is moeg om koppe weg te draai en om euwels te ignoreer,” sê die spannetjie van Lolly, The Furies Co-Op, wat bestaan uit Ameera Conrad (speler) en Dara  Beth (regisseur). Hulle pak pedofilie sonder handskoene aan en hoewel die aanslag aanvanklik amper speels is, word die smerigheid van die manipulering spoedig met ysige kilheid oopgevlek.

Net so takel ’n hele paar van die ander produksiespanne ook seksuele teistering binne ’n bepaalde konteks. Brandmerk – met  Stephren Saayman, Jomelia Mekeur, Heinrich Hendricks en Robyn September – lê familiegeheime bloot.

Die pyn en kwesbaarheid van die hele gesin word uitgebeeld wanneer dinge verkeerd loop en almal hul koppe wegdraai. Dis ’n jong spannetjie wat ’n storie met baie volwassenheid uitbeeld met ’n beskouing op mishandeling wat deesdae as alledaags gesien word.

My boetie is ’n danser, met Ashwin May en Meyrick Tree as die spelers en Thembela Madliki as die skrywer en regisseur, is ’n dapper poging van Rhodes-studente/gegradueerdes om hul eie werk te skep. Dit is die storie van twee broers wat hul verskille te bowe wil kom en wil versoen om só hul vrese te beveg. Ras en mishandeling in gesinsverband word hier aangepak. Disfunksionele gesinne en hul onvermoë om probleme op te los, word met fyn spel en insig belig.

Met verbeelding en talent wat uit sy nate bars, het Du Toit Albertze (speler en teks) ’n fabelagtige teks aan die meermin se stert beet wanneer hy in amperse moderne Grimm-taal die storie van Robbie, wat sy plekkie tussen sand en see soek, vertel. Hy word om elke hoek en draai gefnuik deur diegene wat die algemene gebruik voorhou, en wat almal wat anders dink en doen daadwerklik wil uitroei.

Met Philip Rademeyer as regisseur en die sterk spel, is Die meermin-kompleks ’n produksie wat nog diep spore gaan trap.

Dis jong stemme wat dringend wil gesels oor persoonlike sake. Hulle wil die geheime stories oopvlek en aan die lig laat kom en hopelik sal dit gesprekke en oplossings bewerkstellig.

Oorspronklikheid is die wagwoord vir Doos/Box met Stephanie Maria Gericke (speler) en Llandi Beeslaar (regie), met verskeie teksskrywers van menigvuldige tekste.

Die speelvlak word reg rondom met ’n materiaalskerm afgesper, wat verskeie gate vir koppe het. Die gehoorlede sit agter die skerm, steek hul koppe deur een van die gate en siedaar, met al die afwagtende gesiggies rondom kan die spel begin.

Die kyk voel dié keer net so lekker soos die spel. Dis amper asof die baie gesigte deel word van die dekor. En dis prettig.

Net so vermaaklik is die liefdesspel tussen Des-Lee McKenzie en Ian van der Westhuizen in Van ganser harte. Die metaforiese vuisgeveg is heerlik vermaaklik en van ganser harte bekend wanneer die twee mekaar moet aanvat in drie liefdesverse wat lelik verkeerd loop. Met Monique Basson wat die gesprek met oorspronklike liedjies op kitaar inlui en die hoed uithou vir die gehoor om die spel te bepaal, begin die storie sy loop kry.

Oplaas is dit die gemeenskap van Oudtshoorn wat aan die beurt kom met ’n verskeidenheid spelers wat hul stemme laat hoor in Lappies.

Daar is verse uit eie bodem met digters wat dit self opvoer en twee manne – die een wit, die ander bruin – wat teenoor mekaar staan en gesels oor hoe hulle mekaar in vandag se wêreld beskou.

Twee van die ouer garde vertel kontrei-stoepstories, terwyl twee jong vroue hul lot bekla oor die manier waarop vroue en kinders deur die gemeenskap geteiken en aangerand word, sonder ophou.

Mense het dinge op die hart. Hulle wil soms gesels of hard praat en hulle wil gesprekke aan die gang kry. Teater is die plek waar dit kan gebeur.

Dis tyd om die geheime oop te vlek en die euwels van die samelewing, soos hulle dit ervaar, aan die kaak te stel.

Dis lekker om deel te wees van dié gesprekke, ’n blik te kry van hoe die jong klomp se koppe werk. ’n Mens bewonder hul moed, oor hoe  hulle probleme anders benader en waarneem, en hoe hulle verbeelding gebruik om teater doelgerig en met flair aan te pak.

* Uitkampteater word daagliks, teen R20 per produksie, tussen 10:00 en 12:00 en 15:00 en 19:00 voor die Absa Burgersentrum aangebied. * https://debeernecessities.com

Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365 Deprecated: Function get_magic_quotes_gpc() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/formatting.php on line 4365