Deprecated: __autoload() is deprecated, use spl_autoload_register() instead in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/compat.php on line 502 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2715 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2719 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/output.class.php on line 3615 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/framework/functions-wordpress.class.php on line 258 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/pomo/translations.php on line 208 Meiring speel met woorde, streel die taal - Kritiek

Meiring speel met woorde, streel die taal

Deur Andrea Winckler

Produksie: Met ander woorde

Met Lizz Meiring

Regie: Lizz Meiring

Sedert die mens mekaar in die oë kon kyk en relatief kon regop staan, bestaan daar ’n behoefte om met mekaar te kommunikeer. Om stories en ervarings met mekaar te deel.

In Met ander woorde keer Meiring terug na dié basiese vorm van vermaak: storievertelling. Sy manipuleer en vervleg Afrikaans op ’n meesterlike wyse waar jy weer van vooraf jou liefde vir die taal se beeldspraak en skertsende vermoëns kan omarm.

Agter haar, op groot skerms, staan frases soos “gekruide taal”, “mond verbypraat” en “bek rek”. Dit is dan ook presies wat sy met hierdie teks doen. Daar is geen politieke agenda nie, bloot ’n spel met woorde en die wêreld waarbinne hulle gebruik word.

Meiring lewer haar eerste skets in paarrym en daarna volg daar ’n rits sketse waarin kommunikasie altyd as ’n sentrale tema staan. Daar is ’n Facebook-sage en ’n versameling koerantopskrifte, waar die impak van vakkommunikasie vir skaterlag sorg. Sy verhang ook later die bordjies en lewer ’n blik op ’n wêreld waar wilde diere ’n vergadering belê om planne te beraam om toeriste gelukkig te hou. Die woordspeling en idiome wat hier ingespan word, laat die gehoorlede dubbeld vou van die lag.

Meeste van die vertellings word met nuanse en onverbeterlike komiese tydsberekening gelewer. ’n Eksterne regisseursoog sou egter dalk gehelp het dat die spel deurgaans skerp bly. Dalk sou dit ook ’n meer teatermatige ervaring kon lewer, waar beligting en dekor meer integrale rolspelers vorm om die aktrise te ondersteun.

As skrywer streel Meiring die taal en skets sy kristalhelder beelde in die luisteraar se verbeelding. Hierdie ikoon lewer ’n warm vertolking waar ’n gehoor ontspanne agteroor kan sit en giggel vir dié dinge wat hul van hulself en ons samelewing herken.

* Vertoning: 1 April om 16:30.