Deprecated: __autoload() is deprecated, use spl_autoload_register() instead in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/compat.php on line 502 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2715 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/operations.class.php on line 2719 Warning: "continue" targeting switch is equivalent to "break". Did you mean to use "continue 2"? in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/output.class.php on line 3615 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-content/plugins/revslider/includes/framework/functions-wordpress.class.php on line 258 Deprecated: Function create_function() is deprecated in /usr/www/users/kritigvysj/wp-includes/pomo/translations.php on line 208 Is dit glas halfleeg of halfvol? - Kritiek

Is dit glas halfleeg of halfvol?

Deur Andrea Winckler

Produksie: Half-leeg

Met Cintaine Schutte

Regie: Tara Notcutt

Halfleeg of halfvol? Dit hang seker af vanuit watter hoek jy daarna kyk. Mag jy, as ’n vrou, slegs as ’n sukses beskou word as jy voor die kansel opeindig? Of lê die sukses by vrede vind in die onafhanklikheid van enkellopend bly?

In Half-leeg word talle clichés en stereotipes, wat ’n vrou in haar vroeë dertigs op ’n gereelde basis moet verwerk, ondersoek en verken. Binne die bespotting is daar ook die alte herkenbare waarhede. Die narratief kom uit die mond van ’n jong vrou wat by ’n bachelorette te kampe het met aaklige musiek, besope hubare meisies en ’n smaaklose partytjiebus.

Ons kom te hore van die ander gaste by die partytjie en hoe hulle Victoria (Schutte) probeer help om “geluk” te vind. Daar word skaamteloos shame gesê oor haar huwelikstatus en ons kom vinnig agter dat daar op haar neergekyk word omdat sy nog nie ’n ring aan die vinger het nie. Die vraag ontstaan: Word sukses dan daaraan gemeet of jy ’n huweliksmaat en kinders het, of het ons die reg om ook te kies om geluk elders te vind? Sal ons as swakkeling gesien word indien ons wél ons lewe met iemand wil deel en nie bereid is om die “eensaamheid” aan te durf nie?

Victoria wroeg met dié kwessies en bevraagteken haar waardigheid as vrou. Sy neem ons op ’n reis deur haar onderskeie ontmoetings met mans en die vroue wat oor haar pad kom op die aand van die partytjie. Daar is behoeftes wat sy voorhou om te hê, maar gee ’n mens dan ook stelselmatig ’n blik op en insig in  haar ware drange wat agter die harde uiterlike verskans word.

Sekere aspekte van haar innerlike konflik is herkenbaar op ’n universele vlak en ons begin begrip kry vir haar onsekerheid en hoe sy haar uiteindelik oorgee aan dít waarna sy so smag. Schutte se innemende spel en goeie aanvoeling vir humor, tesame met Notcutt se betroubare regisseurshand, sorg vir ’n vermaaklike, dog egte teateraanbieding.

* Vertonings: 2 April om 20:00, 3 April om 10:00.